Sunday, March 15, 2015

Terug na my wortels... Koedoesvlei.















Ons ry op die Tsintsabis pad Koedoesvlei toe.. Alles lyk bekend, maar tog ook nie... die motor is doodstil binne, daar speel nie eers musiek nie. Ek is baie besig met my eie gedagtes. Ek sien bekende name, Concordia, dit was Hendrik se plaas waardeur die Omaramba geloop het. Ons het baie daar gaan piekniek as daar water was. Pa hulle het n vlot gebou en so het ons oor die rivier gekom by die pos om te sorg vir water vir die diere.
n Entjie verder het die pad n T aansluiting gemaak... NOU is ons naby. Die plaas Vaalwater le regs. Oom Rassie Erasmus was ons buurman en is ook vermoor in 82 toe hy n landmyn afgetrap het. As ons links draai le Platsak regs van ons.. Daar het Oom Dicky en Tannie Baba van Reenen gebly toe ek n kind was, voor my pa hulle se dood. Daarna was dit oom George en Tannie Santjie Thomas.
Ons ry reguit aan... en dan sien ek hulle... die doring bome aan die linkerkant... snaaks hoe hulle dan nie groter geword het, ek wonder of n boom ook soos n mens en dier net groei tot op n sekere lengte en daar gaan stilstaan vir die res van sy lewe.. ?
Alles lyk so bekend, maar tog ook nie... dis n baie snaakse gevoel... Ons ry en ek onthou ek het n paar nagte terug gedroom van hierdie stukkie pad, snaaks genoeg het ek oor die jare baie drome gehad oor juis hierdie stukkie pad, die stukkie vanaf ons hek by die grootpad tot by die afdraai by die T aansluiting.. en in my droom was alles net soos dit nou is.. voel so half soos deja vu...
Daar is n bord links.. ons hou stil, dit se Kudusvallei A. Praat van n "cultivating project" en nous ek erg deurmekaar... Maar ons gaan kyk , en raai wat?  Die hek is oop!!! Ons ry deur, Danie bestuur en vra my of die pad dieselfde is.. ek se ja.. net baie breer... maar ek wag vir die draai, en dit kom nie.. skielik is ons by die landerye... groter... en hulle besproei!!! Op die horison begin my oe soek na die huis... maar daars niks! My moed sak in my skoene... net asb nie DIT nie... asb laat die huis tog net erens wees... Ons ry nader... oral is daar landerye, "hot houses" en alles lyk redelik nuut en goed opgepas, by elke hot house staan daar instruksies van wat en wat nie mag gebeur nie... Nou is ons daar waar die huis moet wees, maar oral is daar net werkers huise... die bees  krale regs van huis is ook weg.. NIKS is oor van wat ek onthou nie!!! Ons sien mense by n vuurtjie sit, ry nader, ek klim uit.. onseker wat om te se, se nou hulle jaag my van die plaas af? Ek vra vir Danie wat moet ek se.. hy se se ons het verdwaal... ek klim uit..loop nader.. en besluit ek praat maar die waarheid...
Ek vra die man waar die huis is, se vir hom ek het hier groot geword en wil net weer graag die huis sien... Hy vra op Kudusvalley? ek se nee.. op Koedoesvlei... hy kyk my snaaks aan... ek verduidelik en hy se nee eks nou op die besproeiings projek se kant, en verduidelik vir my hoe om te ry om by die ander een uit te kom. Ons ry... nous ek verdwaald, maar ons ry soos hy gese het, kom by n pos, baie beeste, Danie vra of ek onthou... ek doen nie! Hy se jy moet, dis n ou pos, maar ek kan net nie die pos onthou nie. Nou ry ons verder, al langs die draad af. Dan kom ons by n opstal wat regs van ons le.. en dit lyk glad nie bekend nie..ons ry deur n hek.. en ek se vir Danie ons het te ver gery ons is nou op Rentia. Ons kruie nader... en dit wil bekend lyk, maar onthou Rentia is ook vir my baie bekend, se ek vir myself.
Minder as 100 meter van die opstal af weet ek... DIE IS KOEDOESVLEI! Hoe kon ek nie weet nie... kyk daar staan dan nog die groot antenna wat die weermag gegee het!!!!
Die huis lyk netjies en vars geverf... Al die venstes is heel... Daar staan n bakkie reg by die voordeur se trappe getrek.. Daar woon mense!!!
Die beeskrale is nog daar.. my pa se sink dam staan nog... Dis 1:03 in die middag... dis warm en die son brand net soos ek hom onthou.
Ons ry by die groot hek in en ek sien iemand loop voor die groot kombuis venster verby , daar is geen gordyne voor enige van die vensters... Ons hou stil, klim uit en hy kom uit, loop nader, ek gaan stel myself voor se ek het hier groot geword, na 30 jaar weer terug hier en sal graag wil rondkyk. Hy is baie vriendelik, se enige tyd, en vat ons die huis in. Hulle bewoon net die 2 slaap kamers, die res van huis is dol leeg behalwe vir die generator wat in die kombuis staan. Die stoep is kleiner, seker die vorige eienaar, het daar nog n kamer aangebou. Die kombuis/sitkamer muur, die een waarteen my ma se radio's gestaan het is uitgeslaan... so dis nou een groot vertrek.. dit lyk snaaks. Leeg... net die sink staan daar.. ons loop agter uit... die agterstoep staan nog.. en daar is my swembad... :-( Nou bitter vuil en verwaarloos... hy se dis n' fishpond'.. Maar ten miste is dit nog daar... van die bome is nog daar maar meeste is weg.. Die donkie is nog daar...voorsien steeds die huis van warm water... Die groot flamboya wat by die voordeur gestaan het is weg... Die franqipanie by die voordeur staan nog...hy het groter geword!
Ek vra almal om foto's te neem.. soveel soos hulle kan.. van alles.. eks bang ek mis iets... Ons kry hom weer buite, hy vra of ek weet die plaas het 2 huise.. ek se natuurlik wou vra oor die ander huis.. hy se ek is welkom om te gaan kyk... en daar val ons weer in die pad na die boonste huis..
Die pad lyk die selfde.. al verskil is waar ons eers afgedraai het na Rentia het hulle nou toegespan en daardie pad is toegegroei... dis jammer, dit was ons verbinding met mekaar... ek het daardie pad selfs een keer geloop om te gaan swem by Olivia.. was amper dood... het glad nie daaraan gedink om water te vat vir die pad nie..
Die pad na die boonste huis is nog dieselfde... effe breer dalk.. maar presies dieselfde, eindig in n mooi flambojante draai voor die huis en krale voor jou verskyn. Die huis lyk nog presies soos dit gelyk toe. Hulle het niks aan hom verander nie, ek bly buite die omheining want daar is motors onder die bome and n hond wat blaf. Ek neem foto's van die huis, buite geboue.. by daardie stoor het ek die eerste ordentlike pakslae van 2 gekry wat my pa my ooit gegee het... altwee was vir dieslefde rede... ek het diere met oor ryp tamaties gegooi... my pa het gese hou op en ek het nie... :-)
Ons ry terug na die onderste huis... ek vra Danie om te stop by die vee krale. Skielik weet ek waar kom my "infatuation" met bome vandaan... help nie ek gaan vir julle vertel nie, woorde kan dit nie beskyf nie, ek sal foto's opsit, dan sal julle beter verstaan.
In kort en om af te sluit... ek was daar.. ek het vrede. Was nie soos ek dit onthou het nie, maar was ook. Alles wat van belang was was nog daar, maar die belangrikste element, die mense, my ouers... het gekort en sal nooit weer daar wees nie.. Die plaas is daar.. maar die boer nie.. en wat is die plaas sonder die boer, dis net n stuk grond... met n Ingelse naam nou.

2 comments:

Johannes de Koning said...

Na aanleiding van tannie Sientjie Fourie se dood... ook 'n deel van hierdie geskiedenis... http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2015/04/laaste-beker-koffie.html

kobus van Tonder said...

Dagse Riana

Ek het met "weemoed" jou reis gelees na Koedoesvlei. Ek was die predikant daar vanaf 1984 tot 1990 en het baie op die plaas gekom toe Danie daar gewoon het. By Tannie Pompie en Rina Steenkamp het ek vele male in die Kommando kantoor gewerk. Die geskiedenis van die Ratel was nog vlak in julle gemoed en vele aande het ma Pompie die gebeure oorvetel. Dit was deel van haar herstel. Die lees van "Tannie Pompie se oorlog" het baie ou gedagtes weer by my laat op kom.

Groete en seen vir julle.
Kobus van Tonder