Monday, May 14, 2007

61 Mech gaan reunie hou!

Beste Riana,

Ek het op jou Blog afgekom via Hubrecht van Dalsen. Hy was teenwoordig die
dag toe jou vader en swaer noodlottig gewond is en het blykbaar reeds met
jou kontak gehad. Ek en hy is tydgenote en was saam jong offisiere in 61. My
tyd het gestrek van November 1980 tot Desember 198 en syne tot in 1982.

In elke geval, min dinge roer ons verlede in dieselfde mate as juis die
trots en passie waarmee jongmense hierdie formidabele eenheid gedien het
nie. Die eenheid is amptelik in Januarie 1979 gestig - soos jy weet - en ons
(die leiergroep van 80/81) is besig om 'n reunie vir iewers in 2008
aanmekaar te slaan. Ons plan 'n hoë vlak affêre met al die oud bevelvoerders
betrokke. Generaal Roland de Vries (2 de bevelvoerder van die eenheid) is
deel van die komitee en doen tans skakelwerk met die "establishment". Een
van ons lede is besig om 'n amptelike 61 webblad te ontwikkel waarop alle
oud lede sal kan registreer en beslis iemand soos jy ook. Deur die medium
beoog ons om alle belanghebbendes dan bymekaar te trek vir ons reunie.
Gegewe die netwerk van 61 lede wat jy oor die jare ontwikkel het, wil ek
graag versoek of jy so gaaf sal wees om jou netwerk te begin aktiveer mbt
die reunie. Ons eerste beplanningsvergadering is op 10 + 11 Augustus naby
Kaapstad te Caledon, my tuisdorp. Sodra ek meer detail het sal ek dit vir
jou aanstuur.

Al is dit 25 jaar en enkele dae later wat jy jou vader verloor het - hiermee
my innige meegevoel en ek hoop ons kan mekaar eendag in die oë kyk.

Baie sterkte en weet 61 was die beste!


Groete





Ariël Hugo
Marketing manager: Europe
Katope Fruit Exports (Pty) Ltd
Somerset West
South Africa
Tel: 00 21 851 5272
Fax: 00 21 852 4676
Mobile: 00 83 700 5323
Email: ariel@katopefruit.co.za