Thursday, April 15, 2021

15 April 2021, 39 jare later.

 15 April 2021 vs 15 April 1982.

15 April 1982 was ek amper 12!! My wereld was perfek. Ek was n plaas kind wat moés skool en koshuis toe gaan.  Want ek moes. As ek kon kies sou ek baie eerder op die plaas wou bly.. Waar ek by my ouers was, vryheid gehad het. Die plaas was heerlik. Ek kon doen waarvoor ek lus was, maar ek moes skool en koshuis toe gaan.

Ek was in middag studie toe die koshuis vader my kom roep. My eerste gedagte was, my pa? Maar ek het nog die vorige dag met my ma op die plaas gepraat en alles is ok daar. Nou loop en wonder ek wat het ek verkeerd gedoen om uit die studie saal geroep te word.....

Ons loop is stilte tot by sy kantoor deur, hy stop my by die gaasdeur en se "Riana nou moet jy sterk wees"...

Ek weet dadelik iemand het iets oor gekom.. Ek vra, is dit Hendrik, is hy dood? Tot vandag weet ek nie hoekom daai vraag nie...

Hy maak die gaasdeur oop en vat my na sy kantoor toe waar daar twee vrouens sit, tannie Joey Nel, oom Lukas Nel se vrou en tannie Pop Ayers, oom Chris Ayers se vrou. Een is Kommandant van Etosha Area mag, die ander hoof van sein by dieselfde plek. My brein begin my vertel hiers groot fout.

Hulle se.... my pa is dood... En Hendrik... My pa... Is.... dood!!! Dood!!!! My wereld tuimel in mekaar, maar tannie Pop vra oor my broer. Hys nou in die weermag op Ruacana. Tannie Pop vat my na haar huis toe. Daarvandaan bel ons my broer se kamp. Hy glo haar nie toe sy se my pa is dood nie. Sy praat met sy bevelvoerder wat hom op n flossie sit Grootfontein toe. Ons ry om hom te gaan haal daar.. Toe ons daar kom hoor ons na n helse gesukkel hyt geland en het n lift Tsumeb toe gekry..

Ons ry terug.. Ek voel verlore. Ons stop by Tant Sannie se huis.. Tant Sannie is Hendrik se ma. My broer staan by die hek,... hy kyk so vaal. Totaal van kleur gestroop. Alles aan hom is vaal, en so het hy vir my bly lyk vir weke. Later kom my ma, Olivia en haar kinders, hulle is ook so vaal. Is dit rerig of is dit my oë??? Het al die kleur uit my lewe verdwyn saam met my pa? Ek het nooit vir iemand vertel van die vaal.. Daar was groter probleme as my vaal wereld...

Hy was my alles. My wêreld, my rots, die een mens wat my verstaan het.. Hoekom???? Ek het in die afgelope 39 jaar myself miljoene kere daardie vraag gevra. En steeds het ek nog nie DIE antwoord nie..

Pappa ek mis Pa nog elke dag. 74846544 KV. Alpha, bravo, Charlie, delta..Al die goedjies wat Pa my geleer het terwyl ons onder die lorrie skadu gesoek het terwyl die werkers hout kap en laai... 

Ek sal nooit vergeet, ek sal nooit ophou skryf, ek sal julle nagedagtenis lewendig hou vir julle nageslagte. Ons het soveel om op trots te wees.