Friday, February 27, 2015

Die Swart Pan

Die Swart Pan Februarie 2015
Waar begin ek? Seker by die begin ne?
Deon Lamprecht het my gekontak, Riana die boek is by die uitgewer. Hulle sal hom middel Februarie in die winkels he. Maar daars nog iets wat ek jou wil vra... Kyknet se Kwela program wil n insetsel maak van die boek op Tsumeb, met jou.
Ek dog eers hy maak n grap maar toe gaan hy aan met praat.. en ek besef die issi n grap nie... NEE, eks nie n Kamera mens nie... nog minder n TV een... eks n "behind the scenes outjie" . Lang storie kort, hy praat my om.
Toe begin dit... hulle wil gaan waar die skermutseling was op 15 April 1982, hulle wil plaas toe... hulle wil skiet waat my ma gewerk het in Tsumeb, waar ons gelby het... in die begrafplaas...hulle grafte..
Ek sit die wiele aan die rol... begin reel... hoe reel ek vir n plek bo die bravo kaplyn waar ek net een keer was as kind...??? Hoe reel ek vir die plaas, ek weet nie eers aan wie dit nou behoort nie...Maar ek sal my beste doen bedoel ek..
En ek doen ook... ek maak my planne.. daar waar ek nie kan reel nie besluit ek om self te gaan reel as ek daar is..
Woensdag voor ek Saterdag ry kry ek n mail van die die vrou wat se alles is af.. hulle het gekanseleer.. ek wil kwaad raak omdat ek so baie moeite gedoen het.. en toe besluit ek dis mos eintlik beter so.. doen dit vir JOUSELF Riana.!!
Saterdag 14 Februarie vertrek en n vriendin hiervandaan... Tsumeb toe. Ons is gelukkig, dis mooi groen, dit het al goed gereen daar... Ek maak my siel propvol van groen en boom.. ek pak in... maak elke liewe gaatjie vol.. want ek mis dit SO!!!
Sondag oggend 8 uur kry ek vir Danie, my broer se seun en sy kinders.. en ons val in die pad Tsintsabis toe, waar ons vir Robert moet gaan kry. Robert was deel van my pa se groep spoornyers, hy sal weet waarheen om ons te neem en te wys waar my pa en swaer 33 jaar gelede gesterf het...
Ons kry hom redelik gou... ek het my foto album saamgeneem om hom te wys wie ek is... Robert se net op alles Ja... ek begin wonder.. Hy laat ons ry, noordwaarts op die teerpad oos van Tsintsabis. By die bek en klouseer stop punt draai ons skerp links... dit was die bravo kaplyn, maar ons ry noord van hom... Wamboland se kant... nie Tsumeb of ONS kant nie... ons ry en ry, hy se ons moet kyk vir n hek. Uiteindelik kom ons by die hek, ons maak oop, ry deur, maar ek vra of dit ver is, want dis baie ruig.. en hy se nee.. ons klim af, vat water en kamera's en begin loop. Deur hak  en steek en gogga's en miggies. Skielik staan ons op die skouer van n MASSIEWE swart pan... so iets het ek nog nooit in my lewe gesien nie! Ek roep vir Robert maar hy loop onder my uit... ek roep en roep... maar hy hou hom doof en bly aan loop...
So loop ons oor hierdie pan wat niks minder as n kilometer of dalk meer in deursnee is op daardie punt... na die kante toe le hy nog groter... elkeen met sy eie gedagtes.. ek soek... soek vir IETS om bekend te lyk... Die kinders begin doppies en stukke skrapnel optel en ek begin wonder... is ek verkeerd?? Ek begin twyfel, ek was klein.. dalk onthou ek verkeerd..
Uiteindelik skree ek vir Robert om te stop.. en hy doen... soos ek aaloop begin hy weer loop.. en weereens skree ek om te wag.. nou wag hy. Ek begin weer met my vrae... ek kan sien hy is ongemaklik...maar ek hou aan...hy se uiteindelik hy was nie saam nie..hulle het vir hom gese dis in hierdie pan, maar hy kan nie se WAAR presies die ratel gestaan het toe dit gebrand het nie.. Ons loop rond... ek en Danie praat... ek loop, ek skop in die swart grond.. dis los, asof die miere dit opwaarts uit gewerk het... as jy daarop loop maak dit grrritss. Ek kyk na die bome aan die soom van die pan... hulle is te klein... 33 jaar terug was hulle al groter as wat hierdie nou is... die grond was rooi... nie swart soos hierdie pan nie.. Ek praat weer met Danie..  )Robert het pad gevat in tussen die bome in )vertel hom alles wat ek kan onthou... en hy se onthou die plek kan baie verander in 33 jaar.. ek stem saam.. ja... maar SOVEEL???
Daar was gras in die pan... die gras het mooi gestaan.. hier is niks gras in hierdie swart massa nie.. alles is net swart!
Ons begin terug loop kar toe.. vrek warm, die son brand al is dit nog nie 11 uur in die oggend. Die kinders dra al wat n doppie en ding is wat hulle opgetel het saam... ek wonder nogsteeds...
Die terug ry gaan vinniger, nou soek ons nie meer nie.. ons ry net.
Op Tsinstabis besoek ons Jan se graf. Ek onthou nog sy begrafnis asof dit gister was.. ek het van Jan gehou, was hartseer oor hom. Of was ek net eenvoudig harsteer... harseer in murg en siel? Die graf is verwaarloos, lyk nog erger as ons grafte in Tsumeb op tye. Jy kan sien dit word min besoek.. Eerste ding wat ek oplet is Jan se datum van afsterwe is verkeerd.. Ek vra daarna vir Robert. Hy se Reinhard Friederich het die bord gesweis, die muur omgebou. Ek is hartseer.. Jan verdien beter. Ek voel sleg dat ek nie eers n blommetjie saamgevat het nie... maar dis Sondag.. waar kry jy blomme op n Sondag in Tsumeb?? Ek vertoef n wyle.. praat met hom, soos ek maar altyd doen as ek by n graf staan... se eks jammer...
Ek en Danie betaal vir Robert. Se dankie vir sy tyd.. hy se ons moet hom by die winkel langs die pad aflaai...Ek let op dat die "bar' langsaan ook oop is...
Ons ry aan... by die volgende T aansluiting draai ons die cruiser se neus wes... Ek gaan Koedoesvlei toe... Is ek bly of is ek bang???

--


No comments: