Sunday, April 15, 2007

15 April 2007

Hallo Vriende,

Vandag is 25 jaar nadat 61 Mech n massiewe verlies gely het op die grens. Nie net het ek en my familie n man, pa en swaer verloor nie, maar baie ander mense is ook geraak deur die gebeure van daardie dag.

Ek wil graag hier vra dat almal wat voel om eninge bydrae te maak tot die blog my asseblief sal mail by die addres wat julle by die blog sal vind.

Hulle se tyd heel alle wonde, dis korrek, maar op dae soos die 15 de April en ander spesiale dae in my lewe kom my besige lewe amper tot n stilstand en dan moet ek tyd neem om te dink aan 25 jaar terug.Ek is nie meer die kind wat ek daardie tyd was nie, maar tog op dae soos vandag is dit asof ek al die selfde emosies ervaar wat ek daardie tyd gevoel het.


My doel met die blog is nie net om die dag waarop ons ons mense verloor het te gedenk nie, vir my is dit meer om die lewens wat hulle gely het en die dade wat hulle gedoen het wat hulle vir altyd in ons herhinneringe sal laat voortleef te herdenk en te verewig.

Daarom wil ek n uitnodiging aan almal gee wat die blog besoek en voel dat hulle iets wil bydrae om my asseblief te kontak met hulle stories, of sommer onder "comments" ietse te los..

Aan almal wat al die blog besoek het en vir my gemail het, BAIE DANKIE!!Ek wil julle vra om my asseblief te help om die blog uit te brei, die wat my ouers geken het en wil bydraes lewer..asseblief doen so.Die ouens wat in 61 Mech was en stories het wat hulle graag wil vertel,asseblief stuur dit aan, ek sal dit opsit.Die blog is nie net my blog nie, maar almal wat iets het is vry om dit te vertel.Ons het n geleentheid en voorreg om ons geliefdes se nagedagtenis lewindig te hou..laat ons die beste daarvan maak.

Groete,

Riana

No comments: