Sunday, August 11, 2013

Ek onthou

Ek vang myself dikwels dat ek aan die aand van 11 Mei 1978 dink. Ek onthou die datum omdat dit die aand voor my 9de verjaarsdag was.

Daar was weer infiltrasies, wat meen my Pa en Hendrik was uit op spore. Ja dis wat ons dit genoem het, of hulle het gaan terries jaag.

Iemand, kan my pa wees, het my ma laat weet dit lyk of die terrs in die rigtig van ons huis beweeg. Die generator is afgesit, die werkers is gese om nie vure te maak nie en ons het die gordyne toe getrek in die huis.My ma het voor die radio gebly en die groot en baie swaar ystertafel wat Hendrik daar in die kombuis vir my ma aanmekaar gesweis het is na die hoek van die kombuis langs die venster gedra. Daaronder is daar bed vir my en Louis gemaak. Ek was amper 9 en hy was dan so 3 of so.

Die army ouens en Olivia het om die tafel by kerslig gesit en kaart gespeel na ete. Ons moes stil wees. My ma het soos altyd half gebukkend voor die radio gesit en baie aandagtig geluister, nou en dan gepraat en dan weer geluister. Dit was asof sy ons nie gehoor het nie, net die radio's. Sou ons bietjie harder begin praat is gou vertel ons the sjuuuut!!

Ek was bang.. want my ma het reg voor die venster gesit, en ons was uit die vuur uit, maar sy was reg in die lyn van vuur. More was my 9de verjaarsdag, ek het gewonder of my pa daar sou wees.. ek het gewonder of ek sou 9 word.

Ek kan nie onthou of ek daar aan die slaap geraak het en of ek in my bed gaan slaap het nie. Dit was n lang aand, dis al wat ek kan onthou.

Die volgende oggend het ons soos gewoonlik wakker geword, en dit was n normale dag. Toe se my ma sy het n groot geskenk vir my... ek wou dadelik die geskenk he... maar sy het gese ek moet wag, dit kom later.

Daar was n helse lawaai, en sy het gese ek moet gaan kyk. Daar kom n helikopter en kom land voor die huis in die land!! Ek het nie mooi geweet wat aangaan nie.. maar die nuuskierighied van n kind het my by die deur uitgehelp. Ek het nader geloop aan die omheining wat om die huis was, en daar sien ek hom.. MY PA!!!

Hy het huistoe gekom vir my verjaarsdag!! Die grootste en beste verjaarsdag geskenk, dit het my 9de verjaarsdag vir ewig in my geheue vasgebrand,

Ek onthou n ander keer wat hy die hele naweek wat ek van die koshuis af huis toe was nie by die huis was nie. Sondag oggend vertel my ma my dat iemand my sal kom optel en koshuis toe vat.. n Huisvriend van ons.. ek het hom geken. Alles was OK tot ons moes ry... toe weier ek botweg om te gaan. Ek het myself gaan inwurm in n klein spasie tussen n yskas en kombuis kas en daar het ek gebly, gehuil en gesmeek dat ek my pa wil sien. Dit het my ma gekos om hom te radio en te se ek weier om saam met die oom te gaan. Ek het daar bly sit totdat die oom later gery het. My ma was glad nie gelukkig met my nie, maar het vir my gese my pa is oppad. Ek het gaan slaap en is vroeg, nog donker die volgende oggend wakker gemaak deur my pa wat gese het ek moet opstaan en regmaak dat hy my kan skool toe vat.

Ons het 80km uit die dorp gebly.. gruis pad al die pad. Ons het gery en hy was stil. Ek ook maar, want ek het geweet hy moes bitter ver ry.. en net omdat ek halstarrig was en nie saam met die oom wou ry nie. Dalk was hy kwaad vir my.. en ek het gesit en wonder hoe ek nou die geslskap aan die gang kon kry.. toe se hy iets soos: Jy is darem vol stront.. weet jy hoe ver moes ek ry?



(Nie net moes hy nou in en uit dorp toe, maar hy moes ook weer terug ry na van waar hy gekom het die vorige nag, waar dit was weet ek nie, maar dit was ver, anders sou hy nie reelings gemaak het dat iemand anders my vat nie, hy sou dit self kom doen het)

Ek het hom geantwoord dat ek hom net wou sien, seker maak hy lewe nog. Hy het niks gese nie,,, want ek dink hy het dit geweet, daarom het hy terug gekom, om my te wys hy lewe nog.

1 comment:

Johannes de Koning said...

Baie interessante Blog! Ek woon nou op Tsumeb, maar was in daardie tyd van jou Pa se sterfte 'n eerstejaar op Tukkies. Daar is nog vaagweg 'n herinnering aan die koerantopskrifte. My Pa wat o.a. ook sendingwerk onder die Boesmans op die Tsumebplase gedoen het, het van die boere geken ... ek weet spesifiek van Rassie Erasmus wat dood is. Ek het ook 'n Blog by http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/en wil een bladsy wy aan Tsumeb se geskiedenis, wat hierdie geskiedenis sal insluit.