Monday, October 24, 2011

My Little Blog

It's been a long time since I have made a posting here, after I have tried to get help for the veterans of the war and I got so little positive response i was very discouraged with everything.

But I am doing the happy dance since yesterday, and I just have to share with all of you a wonderful story.

About just more than a month ago I received a mail from a man called Deon Lamprecht, he is a reporter for Rapport and he made the 61 mech Veterans tour with them last year. He contacted me to say that he plans to write a book about the PEOPLE of Tsumeb and that he have read my blog and want to see me and my family.

We had contact for a while exchanging mails etc. Thursday night I met him. I introduced him to my family and Saturday and Sunday I spend time talking to him.

He wanted to know about my experiences as a child, how the war effected me, US..our family. We had a lekker chat.

Yesterday he came around to take photo's, and I bribed him not to with a good plate of curry... :-) But we had a good chat and without me asking him how it came to him wanting to write this book, he told me how it all came about, and here follow the story of how my little blog started all of this.

One of the 61 Mech Vets contacted Rapport to ask if they would not be interested in sending a reporter with on the tour they did last year to write about it. Attached to this email was the link of this very blog. I can remember receiving a mail from a lady saying she was with some paper in SA.. I replied, how many mails we exchanged I cant be certain of. This Lady had read my blog, liked it, contacted me and decided the Rapport will foot the bill and send Deon on the tour. When they came to Tsumeb they met up with locals and it was there that Deon decided he want to write a book about the people of Tsumeb and how the war affected them.

A book will be written.. and I am sure, after meeting the man who will write it.. and talking to him, that it will be good book, other than the other books, this one will be about the people.. not the war as such, but the effect the war had on the people... the facts, the stories and heartache.

I am pretty proud of myself and my little blog to have started such a great sequence of events. And.. most of all.... it feels to me as if I might have found a foothold to start with my big plan of getting help to the veterans of the war, the ones who are still living, in pain! I feel like saying "One small step for man, one giant leap for mankind "

Saturday, June 12, 2010

Family hardships



Danie van der Westhuizen (jnr)

ek het so pas deur my sussie se blog gelees , en is baie dankbaar vir julle almal se bydraes hier. ek was op daardie staduim toe dit gebeur het in ruacana in die artillerie, so sal graag van mense wil hoor wat direk met my pa en swaer in kontak was

groete Danie

September 23, 2007 3:16 PM



This comment was left on my blog post named "Newspaper clips from 1982", it was written by my brother, D.R v d Westhuizen Jnr.

He passed away on January 2 2010. A massive heart attack took him away from us at the tender age of 47. May he have peace and harmony where he find himself today. We all love you Broer.

61 Mech memorial photo's



Hi Riana,

Just wanted to send you these for your blog, and your own memories. We unveiled the memorial today on the 12th of June at the National Museum of Military History in Johannesburg. And it was a very moving occasion, I remembered you when I read those names, and I know you would have liked to have been there.

best wishes
Derek.

Wednesday, April 15, 2009

15 April 2009

Life goes on.

As I look back on the last 27 yrs, I wonder what it would have been like if he was still alive 2day. So many times did I wish I could just hold or hug him. More times I wished I could call him. This became worse once my mum passed away. I think its really unfair that we never get to ask them any advice no more. Who would give you better advice than a parent?

I wonder what they would have made of modern day living. (Both my parents passed away before we had mobile phones in Namibia for instance).

I wonder if they would approve of the life I'm living. My mum was so sure I would get married that she even had a wedding present for me already. I have been moving that with me for the last 13 years since she passed away.

I'm very proud of the parents I had, they have left a heritage to be proud of for us to keep safe and to keep alive. Would they approve of the way I'm doing it. Thinking of it.. there was no Internet in Nam then too. But... if I can choose.. even as a 38 yr old woman, I would have rather have my father in my life than the hero who died.

27 Years later, and I can still cry for him. I love you Dad. I hope we will live up to your expectations of us.

My thoughts are with all the families from 61 Mech Btn GP that lost a loved one on that sad day in 1982.

Wednesday, December 10, 2008

A Letter Neels Raulstone wrote me about 61Mech and my mum, Tannie Pompies.

Beste Riana




My naam is Neels Raulstone. In 1982 gedurende ops Meebos was ek deel van Transvaalse Staats Artillerie ‘n burgermag eenheid wat die artillerie battery vir 61 Mech gedurende die operasie opgemaak het. Een nag het 61 ‘n hinderlaag gelê op die pad tussen Mupa en Cuvelia. Die manne met die dik brille en baie airials op die ratel het gesê daar is ‘n konfooi op pad om die FAPLA basis by MUPA te hervoorsien.



Ons OP pos was maksimum 4 kilometer vanaf ons maar ons kon op geen manier met mekaar koms kry nie. Ewe skielik was daar ‘n damestem op die radio. Tannie Pompie naby Thumeb het begin om al die radio verkeer te herly tussen die mortier battery en die OP pos. Wat sy daardie tyd van die nag by ‘n radio gedoen het sal nugter alleen weet. Die vuur leidings bevele het 100% reg uitgekom en sy het die nag vir ons gewen. Die konfooi is uitgehaal van die eerste tot die laaste voertuig en ons het eweskielik baie pap, spagetti en vis gehad om saam met die ratpacks te eet.



Na afloop van ops Meebos was ons op pad tussen Ondangwa en Omatia. Die manne het op die radio bespreek wat ons die aand gaan doen om die terug keer na 61 se basis te vier toe Tannie Pompies weer op die lug kom. Sy het baie duidelik geen vertroue gehad in die Army se vermoë om ‘n party te reel nie. Sy wou weet wat het ons om te braai en het in geen ontsekere woorde vir ons vertel dat dit glad nie genoeg was nie en dat die troepe gaan honger ly. Sy het gesê ons moet haar net ‘n paar minute gee om iets te reel. Binne ‘n halfuur was sy weer op die lug en gesê ons moet ‘n voertuig stuur om ‘n bees en twee Koedoes te kom haal wat sy gereel het.



As ek vandag vleis braai dink ek nog altyd terug aan die Tannie wat die lewe vir ons net so ‘n bietjie beter gemaak het sonder om iets terug te gevra het.



Jou ma was defnitief ‘n besondere persoon.



Groete



Neels Raulstone.

Monday, September 29, 2008

A painfull walk down memory lane for Jacques Nel.

Wat ons van daardie tyd aan mekaar koppel het begin toe die eenheid opgedeel in twee en ons sou ‘n “opvoering/konsert” wat deur die “dankie tannies” gereel is op Tsumeb bywoon. Almal het mooi gesit en wag vir die tweede helfte van die vertoning om te begin toe die RSM Killer Smit ons uitjaag en beveel om buite aan te tree. Ons almal het gedink hy maak ‘n grap, maar kon sien aan sy tweede opdrag daar is moeilikheid. Dis hoe die operasie vir ons begin het. Ons is in groepe opgedeel en met ratels, kwe-voels op plase afgelaai, 3 of 4 op ‘n keer vir paasbeskerming. ander het eenheid toe gegaan. Op die plaas waar ons afglaai was het die boer net 2 koedoes geskiet, ons moes toe die aand help slag….



Daarvandaan is ek Tsinsebis toe waar my bev my nodig gehad het. Iemand anders is toe in my plek afgelaai.



Ek het nie jou swaer en pa geken nie, maar kan die Ratel wat deur Rpg’s uitgeskiet is en dae lank gebrand het met net twee oorlewendes, die boesman wat voor by die drywer gesit het en die een wat op die spaarwiel agter op die ratel gesit het en landmyn insedente baie goed onthou aangesien ek die dag in Tsinsabis was. Hulle het die kaplyne vir spore gaan vee en ek het die ratel sien wegry uit die basis. Die skok en ongeloof daarvan, die operasie en intensiewe soektog na die sowat 80 Swapo's, die kontakte wat Koevoet en ons magte hulle splintergroepe toegedien het, die Tsumeb vliegveld wat as tydelikke basis ingerig is. Die ratels met groot luidsprekers wat gevangenes se boodskappe uitgebulder het en 120mm mortiere wat die hele nag lank verligting mortiere geskied het om hulle uit te put en aan die beweeg te hou. Die Dakotas wat thunderflashes op lae hoogte uitgegooi het om spore wat net weggeraak het op te spoor. Die allohette gunships wat boom hoogte gevlieg het. Pumas wat vooraad soos ammo,diesel, ratpacks en water ingevlieg het.


Jou verlies was, soos dit deel was van jou, was dit deel van ons almal wat daar was, ons het dit almal aan ons gevoel, maar het dit destyds weggepraat deur weg te kruip agter die frase, “dit was nog nie my beurt nie”


Behalwe die operasies Angola toe kan ek die in die driehoek van die dood goed onthou, paasbeskerming gedoen en in daardie donker Suidwes nag allen waggestaan op die plase, die wonder of jy ooit weer jou familie gaan sien. Dit laat diep merke wat nie uitgevee kan word nie, woede wat nie gemeet kan word nie, wraak wat nie tot uiting kom nie, maar dit verstaan jy beter as ek.



Ook die sihestas van 11 tot 2 in die somer. Die donderweer en reen in die laat middag om alles af te koel. Die vuurwarm stort wat met donkies warm gemaak is. Die eetplek(daardie lekker Suid Wes steaks en koue Windhoek biere en fliek, sokker / rugby veld aan die noorde kant, hek aan die suidekant, wagtorings wat ons self gesweis het en opgerig het……..snaaks hoe jy die swaar dele uitwis en die lekker dinge onthou…



Baie jare nadat ek van Grootfontein terug gevlieg het republiek toe, het ek en my familie in die mooie Namibia gaan vakansie hou. Ons het in Windhoek die museum besoek en vir enigiemand wat daar was en my ervaring op die grens deel sal ek dit nie aanraai nie. Swapo stal dit daar uit asof hulle die oorlog teen ons gewen het. Die woede kan ek nie hier beskryf nie, net dat my vrou 'n week later, toe ons in Etosha vakansie gehou het, skaars 70km van die 61Meg Basis, vir my gese het sy ken nie die mens wat ek op daardie tydstip was nie. Al die emosies, beelde van die oorlog, en die belediging van 'n museum in Windhoek wat se ons het die oorlog verloor.....


Ek kon myself nie sover kry om die basis te gaan besoek nie, ek dink nie ek wou die verval van die eens trotse en effektiewe veggroep ervaar nie.
Een ding sal altyd by my bly en dis ons leier van daardie tyd, Col. De Vries - beste man om voor te loop in 'n oorlog, vra my ek weet. Generaal De Vries is ‘n legende in my oe.


Ek het die vooreg gehad om ‘n paar jaar na die tyd met Visi Admiraal Dries Putter(In my tyd Hoof van die Vloot) te gesels en vrae oor strategie tydens operasies waarby ons betrokke was te vra, oor dinge wat destyds nie sin gemaak het nie. Hy het my 61Meg bevelvoerder persoonlik geken en hom gereken as een van die heel bestes en dit het my met nog meer trtots laat swel diep hierbinne my.


Ek moet net die volgende ook noem van daardie tyd, 61Meg se Infanterie, Pantser en Artillerie , Tiffies, Shefs en Admin se mense en amal wat aan ons kant was, soos jou pa en ma hulle die boere van die driehoek van die dood, was en is van die beste wat daar was en het diep spore in my hart getrap en dit sal vir altyd spesiaal vir my bly.





Een ding is seker, ons het “Generaal De La Rey’s” in eie tyd gehad en ervaar, almal wat daar was en help seker maak die meeste van ons kom terug en vir die wat dit nie gemaak het nie sal ek vir ewig dankbaar wees dat ek en my makkers wel hier is om die storie te vertel en helde soos jou pa en swaer te eer vir hulle opoffering. Lank lewe hulle legende! ! !



Dit bring my terug by die hede: Ek het die voorreg gehad om saam met my seun van 14jaar verlede Sondag na die Ysterplaat lugskou te neem en vir die eerste keer kon ek hom in ‘n ratel laat inklim(drywers sitplek, Bevelvoerder sitplek, Gunner sitplek) en presies verduidelik waarvoor al die 1000 knoppies was, snaaks hoe vinnig als weer terugkom al is 30jaar al weer verby. Vir die omanne, net die wapentuig het verander, die res is nog dieselfde, behalwe die nuwe ratels sal flikkerligte, sirens en spiels stukkend ry die eerste keer as hulle moet visgraad of bundu bach…….

Ek kon hom ook die lidtekens op my vingers wys waar die 61 Meg ratel se drywers hatch wat teen die 20mm kanon geleun het en toe, toe geval het toe ek die turret draai om in te klim om die radio’s aan te skakel een oggend in Angola en dit alles oor opofferings wat mense soos jou pa en swaer en ander helde selfs die wat nie gesneuwel het nie vir ons gemaak het.



Riana, dankie vir jou en jou familie en die opoffering wat julle moes maak ek en die ander troepe wat daar was waardeer dit elke dag.


Aan al my 61 Meg makkers wil ek net se, manne dit was 'n voorreg, dankie.


Jacques Nel
Sersant
Kaapveld Artillerie
14 Veld Regement

Thursday, February 7, 2008

Help for those who survived..

Hello guys,

I hope this wil find you all well. The topic im gonna bring up today is something we would rather not talk about.

For a long time now Im in a bit of a struggle with the blog. I feel we can honour our departed loved ones and we are doing that here! But what about the ones that survived?? I feel I want to help the very people who have made this blog as great as it is today. We are left with scars and wounds, and now im not talking bout the kind we can see, Im referring to the phychological scars and wounds we r trying to cope with on a daily basis.

Through this blog I've met many men who have been on the border. Many of them writing to me telling me about how hard this blog have hit them for the sole reason that they have been trying for so long to block out and forget about the stuff Im writing here.

I have been a sufferer of PTSD, thats Post Traumatic Stress Disorder. I dont say I can help, but what im saying is this: Ive found that writing about its all made it better for
me. In a way that is why i have this blog. I've done some reasearch on the net and have chatted to other war veterans who are suffering from this, and from many of them I've heard the same. Writing HELP!!

So this is my plan, im going to open up the blog for anyone who want to share. I will stil go on with the blog in the way ive done so far, but I want anyone who feels that they need to write about any experience, to do it here. I know it is not easy for men to talk about these stuff face to face, but even if you dont post it here under comments, or you dont mail it to me to post it on here, WRITE!!! YOU dont have to add your name, as long as you write!!

I have found a forum, I will leave you the url. Maybe some of you would rather use that.

http://www.militaryimages.net/forums/search.php?searchid=77727

http://www.militaryimages.net/forums/links/misc.php?do=linktous

This is just may way of helping, if any of you have better ideas I would be very happy to hear from you.

Wednesday, January 9, 2008

Picture of Mum receiving the HC from Magnus Malan



As we all know Dad died doing his duty to his country and not like the article state, defending his family. This was mailed to me by Derek Walker. Thank U Derek.

Wednesday, January 2, 2008

61 Mech getting disbanded, The Last Parade

http://www.youtube.com/watch?v=W8aOknEyZIA

This is the link to a video ive found on UTUBE about the disbandment of 61 Mech..
I found it touching.

Monday, December 17, 2007

61 Mech Blog is one year old 2day.

Good evening friends

Its a year today that the blog is online. Once agian I want to thank Neville for his help and I want to thank every single one of you that have been here and a very big thanks to all the guys who have mailed me.

Ive had so many responces and Im glad to say I know much more now about the day we had our big loss than I did a year ago. It came at the right time, I was ready to learn the full story. Im glad to have made contact with Oom Roland de Vries again. Im glad to have made contact with every single person who have mailed me.

I hope to get more input in the year to come and that we could get the blog to be a place where old friends meet and exchange stories.

Mech greetings and a wonderfull festive season for all of you.

Riana

Saturday, July 14, 2007

Great picture of 61 Mech in action.


This picture of 61 Mech during an excersize just before disbandment was sent to me by Jaco Marais.

Thursday, July 5, 2007

6 July 1995

Hello Friends

We all know about 15 April '82, but I have not told you about 6 July '95 yet.

That is the day my Mum( Tannie Pompie) passed away. She was a diabetic for a very long time, and those of you that met her would remember her being a chain smoker too.

We moved to the coast Jan '94.My sister Olivia and her family went to live in Hentiesbay and I came to live in Swakopmund. On Olivia's invite and insistance she went to live with them in Hentiesbay. I cant recall how long she lived there, but it wasn't very long, I dont think 6 months, when she moved back in with me. We came a long way and understood each other best of all.

She moved in and shortly after that she started to fall into diabetic comas. After one very bad one where she was in the coma for quite a long time she just stopped walking. I tried everything to get her to walk, so did my sisters, but to no avail.

She spent a long period in the hospital over new years of '94.
She deteriorated very fast after that, and became totally bedridden. She lost a lot of weight and her health became worse by the day.

The night of the 5th of July was a nightmare. When I came from work I could see she was not well. My eldest sister Retha and her family came around to visit her. They live in Swakop aswell. We all sat in her bedroom, she was laying down, she allways sat up in bed when she had visitors, but that night she was too poorly. We all tried to make jokes, that's allways been our way of dealing with stress and hardship. She didnt say much in all the time they were there, all I can remember her saying was to tell my sister to look after me.

After they have gone I tested her glucose levels, and it was even higher than earlier that evening. We didnt sleep that night, she was restless and I brought myself a matress in and tried to sleep but couldn't. By 5 the next morning I had her ready to go to hospital. I called the docter who told me to take her to hospital. The ambulance came to pick her up and by 7 she was in hospital and I felt better, even relaxed a bit.

Around 8 I left her in the capable hands of the hospital staff and went home, and then to work. I opend up my business and saw that everything was going well and went back to hospital. When I arrived there she was in a coma again.I sat with her until my sister arrived and the doctor took us out to tell us this was to be the end. The hospital sister came rushing in to call the doc and he told me sit with her and hold her hand. At around 9.30 the morning of the 6th of July 1995 I lost my mother and the world lost a legend. I can't bring her flowers anymore, but I can make sure she lives on in our hearts and memories forever.

I love you Mum!! And miss you everyday.

Sunday, June 24, 2007

Sktr. I.J.Visser, ook bekend as Izak Visser

Ek het gisterand met my swaer gesels, dis nou Izak Visser. Baie van julle sal hom onthou, hy was altyd saam met met pa en Hendrik. Hy het nie baie van skoene gehou nie, en was altyd kaalvoet. Hulle (hy en my suster Olivia) het my blog gelees.

Hy was ook die dag saam met Hendrik en my pa toe hulle die noodlottige skermutseling gehad het. Gelukkig vir ons was hy in die ander groep en nie in die ratel waarin Hendrik en pa was nie.

Hulle onthou baie beter as ek en hy het gese hy sal ook graag n bydrae wil lewer tot die blog, waarvoor ek ek baie dankbaar is.

Hubie, jy sal hom seker onthou, hy dra 'n baard en brille.

Hy se baie van dit wat hy gelees het is honderd persent korrek, en het veral gepraat van jou brief Hubie.

Die blog is nou n bietie stil en ek sal maar weer begin gesels met julle tot ek weer bydraes kry van mense.

Ek wil ook weer van die geleentheid gebruik maak om vir julle almal baie dankie te se vir dit wat ek reeds van julle gekry het, en vir die mense wat graag wil bydra vra om my assbelief te kontak by my adres: rvdwesthuizenatgmail.com (vervang die at met 'n @).

Vriendelike groete

Riana van der Westhuizen

Friday, June 15, 2007

Nostalgiese brief van Ferdi


Hi Riana

Oom Daan en Tannie Pompie was so deel van 61 Meg soos almal van ons. En die van ons wat in daardie tyd deel van die bataljon was, onthou hulle met agting en respek.

Ek het heel per ongeluk op jou blog afgekom, en dit het 'n vloed van herinneringe wakker gemaak -- dinge wat ek eintlik al wou vergeet, of hard probeer het om te vergeet. Maar 'n mens kan nie, dis deel van jou... vir altyd.

Ek was saam met Hubrecht van Dalsen (het gesien hy was al in kontak met jou) en Ariel Hugo (ek het sy bydrae ook gelees) van November 1980 tot Oktober 1981 by 61 Meg. Hubrecht was saam met my (en Etienne Gilbert) die peletonbevelvoerders van Charlie kompanie en ons het onder meer aan Ops Protea deelgeneem.

Daarna het ek nog twee "kampe" saam met 61 gedoen -- einde 1982 (met Ops Meebos), en einde 1983 tot Februarie 1984 (Ops Askari).

Een van my heel eerste operasionele take (dit was in Desember 1980, as ek reg onthou) was om die kaplyne rondom Tsintsabis te patrolleer, en op pad daarheen is ons getaak om by julle plaas aan te doen (ek dink dit was om 'n spoorsnyer op te tel en voorrade af te laai).

Dit was laatmiddag en ek onthou nog die groot heinings en die antennas en 'n jong meisie onder die bome speel (waarskynlik jy). Ek onthou ook ek het baie respek gehad vir hierdie mense wat te midde van die gevaar steeds op die plaas gebly het.

Ook onthou ek hoe verbaas ek aanvanklik was om 'n vrou op die army radionetwerk te hoor, maar later het ek menige boodskappe deur Tannie Pompie laat herlei terwyl ons met kaplyn patrollie besig was.

Snaaks genoeg, ek het jou pa 'n paar keer vlugtig op Omuthiya gesien, maar nooit werklik ontmoet nie. Daaroor is ek nou nog jammer, want ek het eers einde 1982 met my eerste kamp verneem wat met hom (en die res van die Ratel bemanning) op daardie dag in April gebeur het.

Terloops, soos ek dit het, was die boer met die vliegtuig 'n Duitser (kan ook nie sy naam onthou nie) wat vir hom twee AK's onder die vlerke van sy Piper Cherokee laat aanbring het, en 'n gat onder die stuurkajuit gemaak het sodat hy handgranate daardeur kan gooi.

Ek wil jou geluk wens met jou blog. Dis 'n wonderlike manier om nagedagtenis aan twee wonderlike mense lewendig te hou, asook om herinneringe te kan deel oor 'n tydperk in ons lewens wat verreikende gevolge vir ons almal gehad het.

Sterkte
Ferdi de Vos

* Hier is n foto van die vliegtuig, Ferdie Pieterse was so oulik om dit vir my te stuur.

n Brief van Roland de Vries - Bevelvoerder van 61 Mech in '82

Beste Riana,

Baie dankie vir jou E-pos. Dit was 'n groot en lekker verrassing. Dit het beelde wat nog baie duidelik in my kop is weer na vore gebring: 'n Baie oulike klein dogtertjie; jou ma voor die radios in die kombuis op Koedoesvlei ; jou ma in die dam (rok en al); jou pa en sy span besig op 'n Ratel....

Ek kan begryp hoe jy oor jou pa voel. Die oorlog het nie een van ons onaangeraak gelaat nie. Hy was 'n wonderlike, entoesiastiese en lojale persoon. 'n Man wat leierskap en toewyding in die ware sin van die woord verstaan en uitgeleef het. Hy was 'n held by wie ek baie geleer het. Iemand wat die lewe vir my baie makliker gemaak het daar bo, iemand wat jy ten alle tye kon vertrou. Ek kan nog presies onthou waar ek gesit het en hoe ek gevoel het toe ek sy sitaat vir die Honores Crux geskryf het.

Jou ma was 'self n vrou wat vele lewens gered het deur op kritiese oomblikke in die geveg, diep in Angola, deur te gee, as sy agterkom ons sukkel met komms. Sy het ook altyd geweet presies waar almal is en het ons dikwels aanmekaar gehou met haar radios.

Stuur asseblief groete aan almal. Ons moet beslis kontak hou, veral met 61 Meg se reunie, die boek wat ons wil skryf en die assosiasie wat ons wil stig. Ek het vir Ariel gevra om met jou te praat oor die moontlikheid om Augustus by ons in Caledon aan te sluit vir die beplanning.

As 'n nagedagte, jammer dat ek nou eers jou e-pos antwoord maar was uitstedig met 'n projek. Ek sal beslis sommer nou na die web blad kyk.

Meg groete - vertrou ons sal mekaar spoedig weer sien.

Liefde

Roland

Monday, May 14, 2007

61 Mech gaan reunie hou!

Beste Riana,

Ek het op jou Blog afgekom via Hubrecht van Dalsen. Hy was teenwoordig die
dag toe jou vader en swaer noodlottig gewond is en het blykbaar reeds met
jou kontak gehad. Ek en hy is tydgenote en was saam jong offisiere in 61. My
tyd het gestrek van November 1980 tot Desember 198 en syne tot in 1982.

In elke geval, min dinge roer ons verlede in dieselfde mate as juis die
trots en passie waarmee jongmense hierdie formidabele eenheid gedien het
nie. Die eenheid is amptelik in Januarie 1979 gestig - soos jy weet - en ons
(die leiergroep van 80/81) is besig om 'n reunie vir iewers in 2008
aanmekaar te slaan. Ons plan 'n hoë vlak affêre met al die oud bevelvoerders
betrokke. Generaal Roland de Vries (2 de bevelvoerder van die eenheid) is
deel van die komitee en doen tans skakelwerk met die "establishment". Een
van ons lede is besig om 'n amptelike 61 webblad te ontwikkel waarop alle
oud lede sal kan registreer en beslis iemand soos jy ook. Deur die medium
beoog ons om alle belanghebbendes dan bymekaar te trek vir ons reunie.
Gegewe die netwerk van 61 lede wat jy oor die jare ontwikkel het, wil ek
graag versoek of jy so gaaf sal wees om jou netwerk te begin aktiveer mbt
die reunie. Ons eerste beplanningsvergadering is op 10 + 11 Augustus naby
Kaapstad te Caledon, my tuisdorp. Sodra ek meer detail het sal ek dit vir
jou aanstuur.

Al is dit 25 jaar en enkele dae later wat jy jou vader verloor het - hiermee
my innige meegevoel en ek hoop ons kan mekaar eendag in die oë kyk.

Baie sterkte en weet 61 was die beste!


Groete





Ariël Hugo
Marketing manager: Europe
Katope Fruit Exports (Pty) Ltd
Somerset West
South Africa
Tel: 00 21 851 5272
Fax: 00 21 852 4676
Mobile: 00 83 700 5323
Email: ariel@katopefruit.co.za

Sunday, April 15, 2007

15 April 2007

Hallo Vriende,

Vandag is 25 jaar nadat 61 Mech n massiewe verlies gely het op die grens. Nie net het ek en my familie n man, pa en swaer verloor nie, maar baie ander mense is ook geraak deur die gebeure van daardie dag.

Ek wil graag hier vra dat almal wat voel om eninge bydrae te maak tot die blog my asseblief sal mail by die addres wat julle by die blog sal vind.

Hulle se tyd heel alle wonde, dis korrek, maar op dae soos die 15 de April en ander spesiale dae in my lewe kom my besige lewe amper tot n stilstand en dan moet ek tyd neem om te dink aan 25 jaar terug.Ek is nie meer die kind wat ek daardie tyd was nie, maar tog op dae soos vandag is dit asof ek al die selfde emosies ervaar wat ek daardie tyd gevoel het.


My doel met die blog is nie net om die dag waarop ons ons mense verloor het te gedenk nie, vir my is dit meer om die lewens wat hulle gely het en die dade wat hulle gedoen het wat hulle vir altyd in ons herhinneringe sal laat voortleef te herdenk en te verewig.

Daarom wil ek n uitnodiging aan almal gee wat die blog besoek en voel dat hulle iets wil bydrae om my asseblief te kontak met hulle stories, of sommer onder "comments" ietse te los..

Aan almal wat al die blog besoek het en vir my gemail het, BAIE DANKIE!!Ek wil julle vra om my asseblief te help om die blog uit te brei, die wat my ouers geken het en wil bydraes lewer..asseblief doen so.Die ouens wat in 61 Mech was en stories het wat hulle graag wil vertel,asseblief stuur dit aan, ek sal dit opsit.Die blog is nie net my blog nie, maar almal wat iets het is vry om dit te vertel.Ons het n geleentheid en voorreg om ons geliefdes se nagedagtenis lewindig te hou..laat ons die beste daarvan maak.

Groete,

Riana

Tuesday, April 10, 2007

A letter from a fellow soldier of 61 Mech and 301Bn

I served at Tsintsabis from the end of 1983 to Dec 1986 before being transferred to Sector 10 ,Oshakati. I started my border duty at 301 Bn (Tsintsabis or previously known as Noord Grens Kompanie) a year after the particular ambush described here and I remember the ambush site very well as we used to drive past it on our patrols between the Bravo and Charlie Cutline close to a place called "Plaas 8" near the "17 30" cutline which ran from North to South. We would sometimes stop at the ambush site and some of the shallow trenches that the PLAN fighters dug would still be visible. We would sometimes find pieces of molten bullet-proof glass and other items from the destroyed Ratel. To us that site was almost holy and we always thought of our comrades that died there. I will one day visit that site again as it is one of my dreams. For three years I closely worked with one of the bushmen trackers who was present during the ambush named "Ou Jan". His brother, Jan KK was also killed during that ambush and we must never forget the big role that these bushmen trackers played and the sacrifices that they made. I also remember Tannie Pompie and you, Riana and Olivia very well. As I said I have a dream to visit Tsintsabis again one day and retrace our steps at 301 Bn where I spent three of the best years of my life in the army between the Aplha and Charlie cutline. I made good friends and I only have fond memories of that time of my youth. Despite all the negative perceptions being distributed about the old SADF, I will always be proud to have served as part of a force which formed a buffer between the threat from those who intended to kill farmers and other innocent civilians and those that we had to protect, regardless of race, creed or colour. It was not in vain! I must end by saying that Tannie Pompie understood a TR-15H and B-25 radio better than any other signaller that I met and I am gratefull for all the times that she relayed messages for us. I am sorry to hear that she has passed away. I last saw her in Swakopmund in 1990 if I am not mistaken. Take care and cherish your memories as you can be proud of your parents. I salute all soldiers and civilians who served at 301 Bn as well as the soldiers of 61 Mech Bn (our neighbours), Etosha AME and other units on our flanks, front and rear. Greetings "Skollie"

All my mothers children

I hope people will have patience with me and understand that I get flooded with memories of my childhood. I try to keep them all in the correct order in which they actually happened but its not always possible..

I don't remember how old I was when 61 Mech started sending guys to live with us. The boys they sent were more there for their own benefit than ours, since some guys just could not cope with the harsh army life so instead of sending them home they send them to live with us.

I remember Kleinjan the best. I don't know who would remember the letters "Kleinjan" sent home to mum and how we all laughed at them. In a way our Kleinjan was much the same...If I remember correctly he wasn't even issued with a rifle for his own safety and those around him. He fast became part of family and soon him and I had the most violent fights over the most trivial things. At one stage my mother complained that if my dad wouldn't do something about us, there would not be a working door handle in the house by the time were finished. What would take place is that a fight would break out between us and then there would usually be a door involved where one of us would try get to the other while trying to escape the impending attack.

I remember Kleinjan in his t-shirt and his "onsedelike broekie" as my mum liked to call it. In the 80' s there were these very shiny and very bright coloured shorts with a silky feeling to it. I think they were actually polyester shorts. That’s what klienjan wore...ALLWAYS, barefoot and too eager to help my mum with anything and everything...he was a good boy, but I hated him then!!! He once tried to kill me with a knife, yeah!!! The fights often got vicious and even bloody.

I also had an older brother and I learned at very early age that my teeth were my best weapon and Kleinjan wasn't quite as clued up about it as my brother was.

My parents felt a great responsibility towards the guys who were living with us and there was always someone there, at times more than one. I don’t remember most of their names, but I remember Kleinjan and Koos.

Koos, I think was not his real name but his surname was van der Merwe and because we thought that hes character very much resembled that of the Koos van der Merwe in the jokes we christened him with the name. Much can be said about us bunch of van der Westhuizen's but no one could ever accuse us of not seeing the humour of a situation and making the most of it, often at the expence of some unfortunate victim.

Koos was the opposite of Kleinjan, since he was extremely tidy on himself and he wore his browns every day, even though it was not required on the farm. They were only to wear it when they went into town or when their officers would come around to see how they are doing.
But Koos was adamant that he would wear his browns everyday, his boots polished to the extent where you could see your face in them.

Koos wore contacts and one day someone thought it would be a good joke to switch them around. Poor Koos came into the kitchen cross eyed and confused as to why he couldn't see today. My mum couldn't understand what was going on with Koos either and was the verge of radioing for help for Koos when we started giggling and spilled the beans.

Just the other day I opened my mums cook book and there was a recipe written down in Kleinjan's child like writing, and I wondered where he was today, would he have gotten married and have a family. Does he ever think of us? He was as much a kid in the house as I was and I think because of the person he was my mother often sided with him. She had such a kind heart. She would tell me to let him be since he is special.

Kleinjan and Koos today I remember you, I hope u r safe and happy.

Due to factors out of my control I will be doing the postings on the blog myself from now on. As im Afrikaans speaking, there is bound to be spelling mistakes, even though I do try to do my best. The way things get put across in writing may differ very much.

I hope to hear from all of you so please do feel free to send any contributions for my blog to me via e-mail or leave comments.