Hello Riana,
Ek het terloops op jou blog afgekom waar mense praat van
Tsinsabis en Tsumeb en dit het so n vloed herinneringe op my neergedaal
dat ek vir n lang tyd net hier gesit het en gedink, waar is almal nou,
waar is daardie klomp stout seuns. Ons was ook by Tsinsabis vir n lang
ruk, as ek reg onthou omtrent 7 maande. Ons het vir Tannie Pompie se
stem en roepsyn leer ken en sy was vir ons n 'local Ma', wat baie dinge
betref. Ek het een aand op n skerpioen getrap en die ding het my tussen
die tone gesteek, ek het amper gevrek van die pyn. Toe ons engelse
synertjie vir Tannie Pompie op die lyn kry vir raad se sy vir ons van
die ui wat gesny moet word en tussen die tone ingedruk word. Dit was
amper soos n wonderwerk, hoe die pyn skielik verminder het en ek was
weer die volgende oggend uit op die kaplyn. In Januarie/Februarie 1981
was dit my en Wessels se beurt om plaas op te pas by julle einste
plek. Ek het begin grieperag word n dag voor die tyd en het die kaptein
naderhand iemand in my plek gestuur saam met Wessie. Intussen het ek toe
begin sporadies bewussyn verloor na twee dae en weer het Tannie Pompie
vorendag gekom met raad (Wessie was ons Medic, nou juis by julle op die
plaas terwyl ek le en vrek op Tsintsabis) - ek het swartwater koors en
moet onmiddelik hospitaal toe in SA, die prognose is reg gewees en teen
die tyd dat ek in 1 Mil beland het 4 dae later was dit al amper te laat.
Ek het weggeraak vir 4 weke en toe ek wakker word hoor ek dat nog n dag
in Tsinsabis My laaste sou gewees het. Ek het nooit weer vir Tsintsabis
gesien nie en die rumours het dik gele dat ek omgekom het in die
vliegtuig. Weer moes ek dankie se vir mense soos jou Ma hulle, hulle het
sowaar my lewe gered.
Sedertdien is ek weer terug SWA toe elke jaar
met RNT en 61Bn van Etale tot in die Kaokoveld, vir die volgende 6 jaar.
Ons het intussen familie gebou, ek het geswat en meestersgraad bereik,
ons het 5 kinders wat na Tsintsabis se dae gebore is en wat nou klaar
groot is en wat bou aan n nuwe land.
Met Groot Dankie aan Tannie Pompie,
Rhodesier John, Oman
No comments:
Post a Comment