Die Swart Pan Februarie 2015
Waar begin ek? Seker by die begin ne?
Deon
Lamprecht het my gekontak, Riana die boek is by die uitgewer. Hulle sal
hom middel Februarie in die winkels he. Maar daars nog iets wat ek jou
wil vra... Kyknet se Kwela program wil n insetsel maak van die boek op
Tsumeb, met jou.
Ek dog eers hy maak n grap maar toe gaan
hy aan met praat.. en ek besef die issi n grap nie... NEE, eks nie n
Kamera mens nie... nog minder n TV een... eks n "behind the scenes
outjie" . Lang storie kort, hy praat my om.
Toe begin
dit... hulle wil gaan waar die skermutseling was op 15 April 1982, hulle
wil plaas toe... hulle wil skiet waat my ma gewerk het in Tsumeb, waar
ons gelby het... in die begrafplaas...hulle grafte..
Ek sit
die wiele aan die rol... begin reel... hoe reel ek vir n plek bo die
bravo kaplyn waar ek net een keer was as kind...??? Hoe reel ek vir die
plaas, ek weet nie eers aan wie dit nou behoort nie...Maar ek sal my
beste doen bedoel ek..
En ek doen ook... ek maak my planne.. daar waar ek nie kan reel nie besluit ek om self te gaan reel as ek daar is..
Woensdag
voor ek Saterdag ry kry ek n mail van die die vrou wat se alles is af..
hulle het gekanseleer.. ek wil kwaad raak omdat ek so baie moeite
gedoen het.. en toe besluit ek dis mos eintlik beter so.. doen dit vir
JOUSELF Riana.!!
Saterdag 14 Februarie vertrek en n
vriendin hiervandaan... Tsumeb toe. Ons is gelukkig, dis mooi groen, dit
het al goed gereen daar... Ek maak my siel propvol van groen en boom..
ek pak in... maak elke liewe gaatjie vol.. want ek mis dit SO!!!
Sondag
oggend 8 uur kry ek vir Danie, my broer se seun en sy kinders.. en ons
val in die pad Tsintsabis toe, waar ons vir Robert moet gaan kry. Robert
was deel van my pa se groep spoornyers, hy sal weet waarheen om ons te
neem en te wys waar my pa en swaer 33 jaar gelede gesterf het...
Ons
kry hom redelik gou... ek het my foto album saamgeneem om hom te wys
wie ek is... Robert se net op alles Ja... ek begin wonder.. Hy laat ons
ry, noordwaarts op die teerpad oos van Tsintsabis. By die bek en
klouseer stop punt draai ons skerp links... dit was die bravo kaplyn,
maar ons ry noord van hom... Wamboland se kant... nie Tsumeb of ONS kant
nie... ons ry en ry, hy se ons moet kyk vir n hek. Uiteindelik kom ons
by die hek, ons maak oop, ry deur, maar ek vra of dit ver is, want dis
baie ruig.. en hy se nee.. ons klim af, vat water en kamera's en begin
loop. Deur hak en steek en gogga's en miggies. Skielik staan ons op die
skouer van n MASSIEWE swart pan... so iets het ek nog nooit in my lewe
gesien nie! Ek roep vir Robert maar hy loop onder my uit... ek roep en
roep... maar hy hou hom doof en bly aan loop...
So loop
ons oor hierdie pan wat niks minder as n kilometer of dalk meer in
deursnee is op daardie punt... na die kante toe le hy nog groter...
elkeen met sy eie gedagtes.. ek soek... soek vir IETS om bekend te
lyk... Die kinders begin doppies en stukke skrapnel optel en ek begin
wonder... is ek verkeerd?? Ek begin twyfel, ek was klein.. dalk onthou
ek verkeerd..
Uiteindelik skree ek vir Robert om te stop..
en hy doen... soos ek aaloop begin hy weer loop.. en weereens skree ek
om te wag.. nou wag hy. Ek begin weer met my vrae... ek kan sien hy is
ongemaklik...maar ek hou aan...hy se uiteindelik hy was nie saam
nie..hulle het vir hom gese dis in hierdie pan, maar hy kan nie se WAAR
presies die ratel gestaan het toe dit gebrand het nie.. Ons loop rond...
ek en Danie praat... ek loop, ek skop in die swart grond.. dis los,
asof die miere dit opwaarts uit gewerk het... as jy daarop loop maak dit
grrritss. Ek kyk na die bome aan die soom van die pan... hulle is te
klein... 33 jaar terug was hulle al groter as wat hierdie nou is... die
grond was rooi... nie swart soos hierdie pan nie.. Ek praat weer met
Danie.. )Robert het pad gevat in tussen die bome in )vertel hom alles
wat ek kan onthou... en hy se onthou die plek kan baie verander in 33
jaar.. ek stem saam.. ja... maar SOVEEL???
Daar was gras in die pan... die gras het mooi gestaan.. hier is niks gras in hierdie swart massa nie.. alles is net swart!
Ons
begin terug loop kar toe.. vrek warm, die son brand al is dit nog nie
11 uur in die oggend. Die kinders dra al wat n doppie en ding is wat
hulle opgetel het saam... ek wonder nogsteeds...
Die terug ry gaan vinniger, nou soek ons nie meer nie.. ons ry net.
Op
Tsinstabis besoek ons Jan se graf. Ek onthou nog sy begrafnis asof dit
gister was.. ek het van Jan gehou, was hartseer oor hom. Of was ek net
eenvoudig harsteer... harseer in murg en siel? Die graf is verwaarloos,
lyk nog erger as ons grafte in Tsumeb op tye. Jy kan sien dit word min
besoek.. Eerste ding wat ek oplet is Jan se datum van afsterwe is
verkeerd.. Ek vra daarna vir Robert. Hy se Reinhard Friederich het die
bord gesweis, die muur omgebou. Ek is hartseer.. Jan verdien beter. Ek
voel sleg dat ek nie eers n blommetjie saamgevat het nie... maar dis
Sondag.. waar kry jy blomme op n Sondag in Tsumeb?? Ek vertoef n wyle..
praat met hom, soos ek maar altyd doen as ek by n graf staan... se eks
jammer...
Ek en Danie betaal vir Robert. Se dankie vir sy
tyd.. hy se ons moet hom by die winkel langs die pad aflaai...Ek let op
dat die "bar' langsaan ook oop is...
Ons ry aan... by die
volgende T aansluiting draai ons die cruiser se neus wes... Ek gaan
Koedoesvlei toe... Is ek bly of is ek bang???
--