15 April kruip weer
nader, sommige jare gaan dit beter as ander... hierdie jaar is weer een
van die minder goeies. Soos ek ouer word verander my gedagtes en
gevoelens ook.
Ek mis die plaas, ONS plaas, bome, reen en
donderstorms.Ek mis die stap saam met my pa en die honde en ape na die
reen, ek mis die op de stoep sit en na die reen kyk saam met my pa...
meeste van alles mis ek MY PA!
Die jaar het ek so effe gaan
vashaak by die wonder oor HOE my lewe sou wees as hy bly leef het daai
dag. Die plaas sou nie verkoop word nie, daai is ek seker van. So ek sou
seker dan nie in Swakop gebly het nou nie. Ek sou hom soveel meer jare
nog kon he, by hom kon leer want hy het die wereld se geduld met my
gehad en nooit sommer net n antwoord gegee net om van my ontslae te raak
nie.
Ek is nie meer n kind nie maar besef as dit by my
gedagtes oor hom kom ek regtig nie baie volwasse dink nie. Seker maar
omdat ek daar gaan vassteek het waar ek maar net 11 jaar oud was. Hoe
sou my lewe uitgedraai het? Sou ek een of ander tyd besef het hy is net n
gewone mens, man? Dat hy nie alles is en was wat ek vandag nog dink hy
is nie. Die verpersoonliking van die perfekte man en geen man nog by hom
eers NAASTENBY kon kersvas hou in my lewe nie. Sou ek besef dat hy
foute gehad het, karaktertrekke waarvan ek dalk nie veel gehou het nie?
Ek glo nie, maar dis moontlik!!! Sou my maatstaf van mans anders wees?
Sou
my ma langer geleef het as die skamele 63 jaar wat sy vir ons geleen
was? Daarvan is ek amper dood seker ja, want sy het van dag een wat hy
gesterf het tot die dag wat sy ons verlaat het konstant gese sy verlang
hom en wil na hom toe gaan. Dit beteken ek sou nie op 25 sonder ouers
gesit het nie, ek sou ouers he by wie ek raad kon vra, dis die ding wat
ek die meeste mis, en al male sonder tel het ek gewens ek kan net vir n
paar minute met hulle praat om raad te vra oor groot besluite, en
probleme.
My broer, susters, sou dit hulle lewens
beinvloed? Watse mense sou ons wees HOE sou ons anders wees sou hy nie
15 April 82 gesterf het nie? Maar meeste van alles, hoe sou dit my lewe anders gemaak het?
Ek
weet meeste mense dink nie in soveel detail aan dit wat kon anders wees
as een enkele ding in hulle lewens anders gebeur het nie, maar ek moet
se ek fantaseer nie oor dievmoontlikhede hiervan nie, ek bepeins dit,
soos die Engles man se.. ek "dissect" dit... trek dit uitmekaar,
bestudeer dit in die fynste detail.
Ek glo ek sou die mens
wees wat ek vandag is, net ryker emotioneel en in karakter want ek sou
HOM he om my te lei en begelei deur die moeilike dele.
Ek gaan Tsumeb toe hierdie naweek, ek wil grafte toe gaan, gaan skoonmaak, nie net die grafte nie maar ook my siel.
Tog
as nagedagte is ek bly en voel ek geerd om sulke uitstaande mense gehad
as ouers. Ek moet berus dat alles lessies en skoolgeld is, ek het n les
gehad om te leer in hierdie leeftyd.
After all life
treated me kindly, I lost a lot but i didn't lost everything, I got such
fond memories that I can carry with me for ever.